Die kombuis / kuier area is ten volle toegerus en het 'n kaggel. Daar is ook 'n rekenaar
met gratis Internet, 'n groot dvd biblioteek, boeke en bord speletjies.
Dit is die plek waar ons ´n hond uit ´n bos uit kuier met lekker kos, goeie Argentynse
wyn en vriende. Andrey kook graag vir ons gaste. Probeer gerus van ons Russiese en
Argentynse disse.
In die koue winter aande maak ons vuur in die kaggel en geniet ´n glas goeie wyn.