In September 2008 het ek en Andrey een van die grootste projekte in ons lewens aangedurf.
Ons het begin om 'Hostel Tinktinkie' te bou. Dit was 'n groot projek maar 'n droom
wat vir ons albei waar geword het.Beide van ons hou van reis en ons wou iets doen
wat toerisme insluit. Wat 'n beter idee as om 'n hostel oop te maak!
Ons wou nie 'n hostel gebou het in die groot stad nie. Mense word moeg van die stres
en gejaag in die stede en wil net bietjie in die natuur ontspan.
Ons het begin bou in September 2008 en die projek is voltooi gedurende 2009.Ons het
amptelik oopgemaak Oktober 2009 - net betyds vir die jaarlikse Oktoberfees!
Ons is 'n nuwe hostel in Santa Rosa de Calamuchita. Hostel Tinktinkie is in die pragtige
Calamuchita Vallei, 80kms vanaf Cordoba stad en enroute na Mendoza, Rio Cuarto, Alta
Gracia en Cordoba.Hostel Tinktinkie is 300m van die Santa Rosa rivier.
Ons is nie 'n groot stad hostel nie. Word met graagte deel van dag-tot-dag aktiwiteite.Andrey
is ´n uitstekende kok en kook graag vir gaste.